Soorte resepte:

[WEN] Fees vir boetiekbier-liefhebbers

(Foto: verskaf)

As jy ʼn liefhebber van boetiekbier is, het jy iets om na uit te sien: Op 10 Junie word ʼn bierfees by Emperors Palace in Kempton Park aangebied en twee lesers staan die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie te wen.

Die fees begin om 12: 00 en ʼn wye verskeidenheid van drankies en kos sal beskikbaar wees. “Met soveel wêreldklas biere reg op ons voorstoep is dit net gepas dat ons die brouers se unieke en smaaklike biere vier,” sê Paul Edmunds, die feesbemarker.

Rugby-aanhangers kan ook die wedstryd tussen Suid-Afrika en Frankryk vanaf 17:00 op TV geniet.

Die aantal kaartjies wat beskikbaar is, is beperk. ʼn Kaartjie kos R100 per persoon (en sluit een gratis bier in.) Kaartjies kan gekoop word by Emperors Palace op die webwerf www.emperorspalace.com of by www.computicket.com

WEN: Twee lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie wen na die bierfees. Om in te skryf, stuur jou naam, kontaknommer en antwoord op die volgende vraag na [email protected].Waar word die bierfees gehou? Die kompetisie sluit Maandag 5 Junie 2017. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.