Soorte resepte:

[WEN] Klink ʼn glasie wyn by dié naweek se wynfees

(Foto: Pixabay)

Wen ʼn dubbelkaartjie vir die Winter Wine Festival wat 3 Junie by Emperors Palace plaasvind.

By hierdie fees is daar iets vir almal: meer as 400 Suid-Afrikaanse wyne, bier en jenewer om nie te praat van die lekker kos nie. Geen persone onder 18 jaar word toegelaat nie, maar daar is oppassers beskikbaar vir kinders van 3-12 jaar.

Die wins gaan vir Kids Haven, ʼn organisasie wat straatkinders ophef, asook die dierebeskermingsentrum, Dogtown SA.

Kaartjies is beskikbaar teen R180 en R90 vir die persoon wat die aangewese bestuurder is. Vir meer inligting kyk by www.emperorspalace.com of www.computicket.com.

WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie wen na die fees. Om in te skryf, stuur jou naam, kontaknommer en antwoord op die volgende vraag na [email protected]. Waar word die wynfees gehou? Die kompetisie sluit 1 Junie 2017. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.