Soorte resepte:

Winter is soetwyn-tyd

[Promosie]

Swartland Wynkelder lê in die hartjie van die alombekende Swartland area, met sy renosterbos, koel seeluggie vanaf die Atlantiese Oseaan en bosstok druiwe wat unieke karakter aan die druiwe verleen. Bowendien is die area ook bekend vir sy mense se gasvryheid en lekker saam kuier.

Swartland Wynkelder is al jare reeds bekend vir sy soetwyne, en spog met ʼn reeks wat sy plek in die internasionale arena volwaardig volstaan en alle toekennings met reg verower het. Wat is lekkerder as om warm te word met ʼn bekoorlike soetwyn saam met ʼn wintersop, kaasbord of net so gesellig voor die vuur?

Die speseryagtige, diep vrugte en sjokoladegeure is kenmerkend van die Cape Ruby – ʼn pragtige aperitief of dessertwyn.

Swartland Rooi Jerepigo is gemaak van Pinotage-druiwe, en word gekenmerk aan die sterk rooi druif smaak. Die sagte vanilla, pruim, rosyntjie en heuninggeure rond die soetwyn af.

Die Wit Jerepigo is ʼn sagte goudgeel kleur, ryk en soet met volop geure en smake van heuning, appelkoos en gedroogte vrugte.

Die jarelange bekende Hanepoot van Swartland Wynkelder is ʼn gunsteling met ou bekende herinneringe aan Wilson-toffies uit vervloë dae. Rosyntjie en heuning terg sagkens die soet blommegeur wat deurdra op die neus.

Die soetwynreeks is landwyd beskikbaar. Kontak gerus Swartland Wynkelder om uit te vind waar jou naaste beskikbare winkel is om heerlike wyne aan te koop.

Skakel 022 482 1134
Stuur ʼn e-pos: [email protected]
Besoek die webwerf: www.swartlandwinery.co.za
Of volg die Facebook-blad vir spesiale promosies, nuus en kompetisies!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.