Soorte resepte:

Witwyn-sangria

Witwyn-sangria Foto uit die boek "7de Laan vier fees!"

Witwyn-sangria Foto uit die boek “7de Laan vier fees!”

Lewer 6 sopies

Hierdie is nou ‘n funky drankie vir ‘n paartie, veral in die somer. Ek wens ek kon sê dis ‘n Errol-original, maar ‘n ou wat die drankies gemeng het by een van Bruynwaves se funksies het my gewys hoe dit gedoen word. Almal ken die gewone rooiwyn-sangria, maar dié een is ‘n knockout en ook nie so heavy nie, omdat jy witwyn gebruik. Dis ook iets wat jy vooraf kan maak – ‘n nag in die yskas laat die wyn en vrugte-juices en goeters behoorlik mingle. Maar watch it, daai vrugtestukke kan nogal potent raak! Nooi al jou vriende en bedien dit met baie ys. – Errol (7de Laan)

Wenk: As dit nie perskeseisoen is nie, kan jy appelwiggies of gehalveerde aarbeie gebruik.

Bestanddele:
750 ml (1 bottel) droë witwyn
125 ml (½ k) lemoenlikeur (Cointreau)
1 lemoen, in skywe gesny
2 kaalperskes, pit verwyder en in wiggies gesny (kyk Wenk)
500 ml (2 k) sodawater
1 suurlemoen, in wiggies gesny vir opdiening

Metode:
1. Sit dit witwyn, likeur en vrugte in ‘n groot beker. Roer deurmekaar en kneus die vrugte in die proses om soveel geur moontlik te verkry. Bedek die beker met kleefplastiek en plaas oornag in die yskas sodat die geure kan meng.
2. Vul die beker net voor opdiening met sodawater. Plaas ys in elke glas, skink sangria daaroor en voeg ‘n suurlemoenwiggie by.

Die resep is gepubliseer in die boek 7de Laan vier fees!
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R265-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.