Soorte resepte:

En die beste restaurant in SA is …

 

La Colombe se Kerala-styl kwartel met garnale en koljander (Foto: Instagram)

La Colombe in Constantia, Kaapstad, is Sondagaand by die Eat Out-toekennings as die beste restaurant in Suid-Afrika aangewys.

Die koswebwerf Eat Out stel jaarliks ʼn lys van die tien beste restaurante in die land bekend. ʼn Paneel van anonieme beoordelaars het punte vir elke restaurant gegee wat gebruik is om die wenners te kies.

Verlede jaar was La Colombe in die nr. 3-posisie, maar vanjaar dra hy weer die kroon terwyl The Restaurant at Waterkloof, wat verlede jaar se nr. 1-restaurant was, twee plekke afskuif.

Bertus Basson van Eike en Overture het die prys gewen vir die sjef van die jaar, terwyl Kalego Mlambo van The Marabi Club as die beste opkomende ster aangewys is. Die beste nuwe restaurant van die jaar volgens dié paneel is Jewell’s Restaurant in die Paarl.

Hier is die toptien restaurante in Suid-Afrika:

  1. La Colombe (Constantia, Kaapstad)
  2. The Test Kitchen (Woodstock, Kaapstad)
  3. The Restaurant at Waterkloof (Somerset-Wes)
  4. Wolfgat (Paternoster)
  5. FYN Restaurant (Kaapstad)
  6. La Petite Colombe (Franschhoek)
  7. Eike (Stellenbosch)
  8. Slasify (Kampsbaai)
  9. Restaurant Mosaic at the Orient (Elandsfontein, Pretoria)
  10. Chefs Warehouse at Beau Constantia (Constantia, Kaapstad)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Thinus ·

Ek is nie so seker wie en hoe hierdie beoordelings gedoen word nie. Ons het al by twee geleenthede opgestaan en uitgeloop by ” The Restaurant at Waterkloof” agv patetiese diens !!!

Gawie ·

Klugspul! elke jaar PRESIES dieselfde restuarante en 99% in die Kaap? dis bykans onmoontlik dat daar in Gauteng( behalwe Mosiac), geen ander plekke is nie. Verseker is vd Kaapse restaurante besonder goed, maar terselfdertyd, moet daar in die res van SA ook goeies wees.

Janneman ·

Restaurante dis maar op wat kliënte wil eet. In die Kaap weet mense wat lekker is.

Ronel ·

Boetjies vir baadjies: it is all about whom you know…..dus besluit paneel van 6 wie DIE Beste is in SA?

Nettie ·

Jinne, Ronel, wat beteken “Boetjies vir baadjies”? NOG NOOIT VAN SÓ ‘N SPREEKWOORD GEHOOR NIE. Ek het wel al gehoor van “Baantjies vir boeties” wat beteken dat sekere mense bevoordeel word.

Ou Kaapse verhaal ·

So gekuier in die Kaap hulle het die vlug gemis Jhb toe.. darem as ‘n nagedagtetjie is daar een in Pta benoem.

Redica ·

“Grei” in Sandton is by far the best restaurant in South Africa

Janine ·

MM, wat van die Gauteng MM top 10 vir 2019?(aangewys deur die lesers)

Wielspore ·

Hierdie is ‘n nis mark wat slegs ‘n klein deel van die samelewing bedien aangesien dit deur prys gedryf word.

Chidleen ·

Die Kaapse restaurante maak 90% staat op toeriste. Min local sbetaal R1000 – R1600 per persoon vir ete( wyn uitgesluit)

Lou ·

Ja daai bordjie kos wat soos ‘n prentjie lyk en soveel soos ‘n maand se kruideniersware kos.
Nee wat hulle kan so goed wees soos hulle wil, ek eet heerlik by die plaaslike “non-franchise” restaurante en kry baie beter waarde vir my geld.

Polfyntjies vir die Proe ·

Baie geluk aan al die wenners. Die Kaap bly steeds Bo-Baas wanneer dit by gastronomie, gasvryheid en goeie wyn kom. Babel van Babylonstoren hoort volgens my ook op die lys van puik restaurante. Geluk ook aan Hermanus wat onlangs as die Stad van Gastronomie in Afrika aangewys is. Leipoldt sou seker baie bly gewees het oor al die wondelike prestasies van die Kaap wat steeds die wonderlike plek is van goeie kos en wyn. Mosaic in Pretoria is ook ‘n waardige en briljante wenner.

Daar is sekerlik goeie restaurant in Gauteng ook, waar die lewe baie gejaag is en hamburgers en cream soda seker vinnige en gerieflike kos is vir die gejaagde lewe.

Afrikaan ·

Watse stelling maak jy hier; dis seker logies dat die Kaap “bobaas” sal wees met wyn, nie waar nie, want waar andets in SA het ons dan wynbou? So is is Limpopo en Mphumalanga “bobaas” met al die vleis en groente wat jou sg. top restaurante voorsit. So hou jou Kaapse selfvoldaanheid vir jouself, en dan insinueer jy nog dat ons hier in Gauteng net burgers en cream soda kan waardeer? Verdomde snob.

Nettie ·

@Afrikaan, daar is BAAAAAAAIE ander streke in hierdie land wat ‘n uitmuntende wynbou-bedryf het, o.m. die Klein Karoo, Noord-Kaap (Oranjerivier) en selfs verder Noord. Elke streek sy wynbou en -produkte verskil natuurlik. Onthou, hierdie beslissing is deur ‘n hele PANEEL goedgekwalifiseerde, ervare persone gedoen. En ja, die Kaap is nou maar eenmaal tops wat dit kwaliteit-wyn, goeie kos, gasvryheid en natuurskoon aanbetref, nes Gauteng nou (seker maar) tops is wat ekonomie en industrie aanbetref en Limpopo/Mpumalanga nou maar die jag- en wildsbedryf aanbetref. En nee, niemand sê julle Gautengers kan net hamburgers en Cream Soda geniet nie – waarvan sal die Kaap dan oorleef as julle ons nie gedurende Desember-vakansies kom vertrap om ons goeie wyn, lekker kos, uitmuntende gasvryheid en besondere natuurskoon te kom geniet nie?

Andre ·

The World’s 50 Best Restaurants awards 2019: Uit SA, “Test Kitchen” is no 44 ….gn ander suid afrikaanse restaurant nie maar steeds is Test Kitchen No 2 in SA? Kan iemand dit verduidelik?

thelsa ·

Onmoontlik om te glo GEEN restaurant buite die Kaap Provinsie nie. Het die manne met die tanne dan vasgehaak innie Kaap in ?? Daar is wel lewe anderkant die Hexrivierberge

Nettie ·

@Telsa, die Wes-Kaap se grense val net net skuins anderkant die Hexriviervallei nie. Gaan bestudeer jou land se geografie, dan sal jy besef die provinsie is ietwat groter as wat jy dink.

RAW ·

Die Restaurant at Waterkloof is Fabulous. Waarlik uitmuntend en hemels.

Waarheid ·

N Klug .
Net die wat “iets” in die wereld wil wees beoordeel seker.
Die status bewustus ….of die kos nou sleg is of nie!
Oi hierdie 10 moet sommer geboikot word en dan praat ons weer!!!!

SjN ·

Dit is seker hoekom WP rugby nie op standaard is nie, eet te veel.

Steve ·

DRUM in Stellenbosch is in my opinie die beste in die Wes Kaap.

Nika ·

Buffelsfontein Beesboerdery in Pretoria kan hulle maar ook op die lys sit!

Gerrit ·

Enige restaurant wat nie vir kinders voorsiening maak nie, m.a.w. nie-familie restaurante is gewoonlik vir my lekker.

Theresa ·

Hoegaan ek my man met sy boere aptyt ooit versadig kry met so blertsie kos! LOL

Devil ·

So met ander woorde die beste restaurante is die wat die meeste van ons nie kan bekostig nie.
Hoe belaglik!

Eet Frans in die Kaap! ·

Die Drostdy Restaurant in Swellendam is puik. Pragtige historiese Franse Hugenote gebou vanuit die 1700’s. Wonderlike Franse kos wat met egte Kaapse finesse bedien word. En puik wyn vanuit die Kaapse wynlande.

Larousse Gastronomique ·

Hierdie is puik eerste wêreldse prestasies. Daar is nog steeds briljante wêreldklas restaurante in SA. Ek kan met ‘n vrye gemoed die “Fiddleheads and Forest Ferns” aspersie voorgereg onder die Restaurant Mosaic at the Orient se Grande Degustation afdeling op hulle spyskaart aanbeveel. Ons het ‘n wondelike verjaarsdagviering daar geniet. Wonderlike kos en wonderlike wyn.

Ja swaer ·

Nee wat. As dit lyk na ‘n kunswerk en nie aptyt wek nie, neem ‘n foto en stap oor die pad na ‘n regte restaurant. Arme kwarteltjie lyk of hy nog in 4 opgetjop is ook. As jy nou daai miniskule porsietjie ge-eet het, wat is vir hoofgereg? Regte kos? Of nog kunswerke?

Leon ·

Ek kan nie sien dat dit die “beste restaurante” benoeming is nie, dis beslis mooi kunswerk, maar niks om te eet nie. Miskien moet hulle die benoeming verander na ” Beste Kunswerke” van ontsmaaklike kos en dan daarna gaan eet waar daar kos bedien word.

Magda ·

Baie geluk aan al hierdie restaurante…briljant! Maar sjoe, van die opmerkings van sekere persone is so erg teleurstellend – appels word met appels vergelyk en nie appels met pere nie. Beoordelings is puik uitstekend professioneel.

Annoniem ·

Die bietjie kos maak my nie versadig nie. Wat van boerekos! My ma se kombuis my beste restaurant.

Honger ·

Jip soos ‘n vorige leser hierbo genoem het – ek gaan nou nie duisende betaal vir ‘n blertsie wat op my bord gesmeer word nie. En oor daar blertsie word daar ten hemele gejuig!!!

Ek lag my ‘n papie vir die lot – ja maak dit ‘n kunsuitstalling – dan kan jy darem se jy was ‘n kunsuitstalling eerder as om te se jy het daar gaan een – maar die bord was leeg!!!
Die kos was deurskynend!!!

Nico ·

Laat my dink aan die Romeine se haut cuisine in die Asterix en Obelix boeke.

Maria Boshoff ·

Oeeee, julle klomp “Trônsvôlers” is darem bitrerbek; oppas, dit maak dat jou kos nie lekker smaak, dus is dít seker die rede vir slegs een benoeming!
Foeitog, Afrikaan, jy kyk skoon mis dat Polfyntjie vir Mosaïc in Pretoria ook genoem het as n goeie restaurant, klim van jou perdjie af, voor hy vir jou afgooi…dit gaan séér wees!

Steve ·

#Magda: beoordelings is puik uitstekend en professioneel….en jy weet dit hoe? is jy een vd Beoordelaars?

Db ·

Moenie Taste of Tennesee weggooi in Centurion Pretoria. Uitstekende kos en dekor

Lekker kook, eet en geniet dit ·

Ai eet tog ‘n lekker stroperige koeksuster of twee en hou op om so nukkerig te baklei oor ‘n mondvol kos.

Ek is bly vir die wenners, dit is lekker om te weet daar is nog sulke puik restaurant in Suid-Afrika.

Linda-Lea Olivier ·

Maar, ons gaan nog steeds nie Kaap [land] toe gaan om dié kos by 90 per sent van die beste restaurante in die land te gaan beproef nie. Ag nee wat dit is duidelik dat hierdie beoordeling gekoppel is aan die GPS’e van die beoordelaars. Word seker almal ingevlieg uit die Kaap om die één restaurant in Pretoria te beoordeel. Daar moet restaurante elders ook wees wat uitstekende maaltye aanbied, en nee, ek is nie ‘n gebore Transvaler nie. Gee my dan maar Vreethans & Metgesel se op die man af resensies in die Bronberger.

Winter in Stellenbosch ·

Ai Mense van die Kaap, julle wondelike kos en gasvryheid en rooi wyn bly tops –

DJ Opperman:
“Die Pieke skuil in mis of wit kapok
bo lensie-, ertjie-, spek-en-boontjiesop
wat damp teen vensters en wit gewelmure.
Bottels rooiwyn warm aan voor kaggelvure
en in houtbakke volgens die seisoen
staan koejawels opgestapel en soetlemoene.”

Ingo ·

Ok…daai kos wat daar op die prentjie voorberei word is seker vir die pappegaai wat die gaste saamgebring het…die regte kos kom seker nog!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.