Soorte resepte:

[Foto’s] 25 Kosblik idees

Tunabroodjie

Foto: 5dollardinners.com

Dis amper weer tyd vir kinders om terug skool toe te gaan en ʼn lekker kosblik maak die skooldag sommer beter. Hier is 25 kosblik idees om mammas se werk bietjie makliker te maak.

Jy kan ook ʼn lys van proteïne, groente, vrugte en grane hier aflaai wat jou sal help om ʼn gebalanseerde kosblik te pak.

Besoek gerus 5 Dollar Dinners se webtuiste vir nog oulike kosblik idees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

zonika ·

Als lyk so lekker en mooi gepak….tot dit pouse is dan daai piesang pap en als n bogerop dat die kind dit netso weer huistoe bring…dit begin afgaan ini hitte eni geskommel in die tas.
..maar goeie idees….

thea ·

dit lyk pragtig, maar met die meeste mense se geldsake laat dit nie toe om dit in te pak nie
grondboontjie toebroodjie, en miskien n vrug, pas die meeste middel klas beursie, die kinders wat die kosblikke kry is gelukkig, ek myself eet maar net n gewone toebroodjie en koppie koffie, die bestandele is te duur vir my

Kyra ·

mmm…ek wens my ma was so lief vir my toe ek op skool was :)

Eliza-beth ·

Ons het grootgeword op grondboontjiebotter-en-stroop of appelkkooskonfyt-en-kaas of stroop en kaas of Marmite broodjies en ‘n appel of lemoen as daar was en dit was dit. My ma het self brood gebak en die dae wat sy gebak het was daar altyd genoeg deeg om vetkoeke te bak en dit was dan die uitsondering op eersgenoemde, vetkoek met stroop in die kosblik. En ons was gesond! As jy nie jou broodjies geëet het nie, moes jy hou tot middagete so jy het geëet en klaar, g’n niks se gefiemies en dinge nie! En na alles is grondboontjiebotter-en-stroop en dan stroop en kaas STEEDS my gunsteling broodjies!

Elfie ·

Watter ma het nou tyd om die goete te maak – kyk dan die broodjie wat soos ‘n legkaart gesny is! Asseblief tog. En baie van die goed sal my kinders nie eet nie, gewone broodjies met gewone goed bly tops, die wat dit nie wil eet moet maar honger bly – hul sê nie verniet honger is die beste kok nie. Ons moet ophou om die Amerikaners ens te volg met hul idees.

M.G. ·

‘n Gebalanseerde kosblik is halwe stroop broodjie en die ander helfte Marmite.

Meraai ·

Baie oulik gedoen, maar nie altyd doenbaar nie vir ons gewone sterflinge nie! Dink dis maar soos die meeste dinge in hierdie lewe – bebroef alles en behou die goeie.

kloekie ·

Lyk mooi, maar my kinders sal helfte van dit nie eet. grondboontjiebotter en bovril bly maar n wenner

50° Upington ·

Dit lyk heerlik, maar in ons hitte hou dit nie eers tot 9 uur nie, al het jy dit met ‘n yspak verpak, die kasies raak soos melk..
Groetnis

Liefie ·

Oor my dooie liggaam sal ek vir my kinders peanut butter, stroop of mieliepap gee om te eet. Ek verpes dit juis omdat my ma gedink het dis stapel voedsel!!!! Nee wat ek drink nie, ek rook nie, ek kuier nie, ek bespoek nie skoonheid salonne nie en dra nie pepperduur klere nie. Daardie geld spandeer ek veel eerder op my kinders se kosblikke want die dag is lank by die skool en ek is vreeslik lief vir hulle. Julle prentjies lyk mooi maar duidelik het julle nie kinders gevra wat hulle daarvan dink nie. My kosblikke kom elke dag leeg huis toe met n vet druk en soen.

Stuart ·

Liefie vir al wat jy weet ruil jou kinders hul fênsie broodjies by maatjies vir grondboontjiebotter broodjies LOL!! Fênsie kosblikinhoud is nie gelyk aan liefde nie.

M A ·

Opgesnyde vrugte? Dit gaan binne n uur af. Kinders hou van vrugte maar stuur liewers heel appels, lemoene, ens. Koue vleis hou nie in die somer nie en kan dalk kinders siek maak. Selfs jogurt werk nie so lekker vir skool nie. Al klink dit maar saai, grondboontjiebotter broodjies is baie meer prakties. Dis baie oulike kosblikkies maar tensy die kinders die yskas ook saam neem skool toe, gaan dit nie werk nie. Ek sou dit egter wou eet wanneer ek by die huis kom van die skool af, so moet nog nie die idees uitgooi nie.

Ouma ·

Vreemd dat niemand dit skitterend vind nie. My eie dogter (werkende ma in die stad) het nog nooit die moeite ontsien om daagliks voedsame, maar lekker/interessante happies vir haar kinders (4 en 7 jaar) in te pak nie. Hulle hou daarvan, want hulle is gewoond daaraan.
‘n Pappery? Nope. Jy kies mos koeler dae vir iets wat gou pap of loperig kan raak.
Duur? Nope. Baie keer word dit as bykos/deel van ‘n ander ete gemaak en neem dit veel gouer om in te pak as om ‘n broodjie te smeer.

Dankie, Maroela, vir meer as net politiek!

Sollie ·

Ouma -” niemand vind dit skitterend nie” – nope! Daar is paar wat so dink. Spek, nope – te duur. Hamburger – nope nie juis gesond nie. Kaas – nope sal afgaan. So kan ek aangaan… wat se ge-nope is dit dan nou -gebruik tog Afrikaans ouma, toe wat! Mens kan lekker blikkies pak sonder al hierdie nonsens van oorsee, verbeel jou soutkoekies kaas en vrugte – waar sal daardie blikkie ‘n kind volmaak en die appel is opgesny – gaan mos gou verbruin. Selfde met die opgesnyde piesang! Belaglik verby. Baie van die goed soos die ham bv is verwerk en daar is goeie bewyse dat verwerkte vleise kanker kan veroorsaak of dan kan aanhelp. Mens moet maar net logies dink en mens kan oulike goedkoop interessante blikke pak sonder om hierbo na te aap.

carolyn engelbrecht ·

Dit lyk alles heerlik! KAn julle dit nie asb net bietjie beter uit een sit nie, dag vir dag se foto duidelik? groot asb.

Nics ·

Al daai worsies en ham en muffins en wafels is mos nou nie juis gesond nie! En baie van die goed soos opgesnyde appel en piesang sal mos nog nooit hou, dit is goed wat gou verbruin en moet tog nou nie kom sê mens kan suurlemoensap opgooi dan sal die kindertjies mos weer kla oor die suur goete.

Carina ·

Almal se kommetaar laat my lekker lag. Ek stem 100% saam. Die kosblikkies lyk pragtig en heerlik, maar dis heeltemal onprakties en te duur. Van al die bestandele sal seker net die druiwe hou tot pouse. Die res sal pap, gesmelt, verbruin, “soggy” of af wees. Verwerkte koue vleis is ongesond, koue bacon was nog nooit lekker nie, definitief ook nie koue ertjies of maalvleis met pasta nie. En waar loop al daardie sousies heen? Sonder ‘n yskas en mikrogolf gaan die bakke maar sukkel.
Die ergste is, van al die goed sal my kind omtrent net die druiwe eet. Sy eet nie eens brood nie, ook nie grondboontjie botter wat almal se ou staatmaker is nie! So ek sit regtig met ‘n probleem oor wat om vir haar in te pak. Sy moet nog in nasorg ook bly tot ek haar half 5 kan optel, so dis ‘n baie lang dag om sonder ordentlike kos te loop. Deesdae is dit net provita met Marmite en dit trek ook taai laat in die dag, so dit kom ook terug huis toe.

Carina ·

O en Liefie, ek sal graag wil weet wat jy vir jou kinders inpak skool toe. Dalk kan jy ons ander ‘n paar “tips” gee.

nig ·

Carina, liefie gee seker al hierdie duur klaar gekoopte goete van sekere winkels en dis nie noodwendig gesond nie. Net soos iets wat as “organies” op verpakkings genoem is ook nie altyd so en iets wat sus of so op verpakking aangedui word isook nie altyd! Die vervaardigers is nog net nie altyd uitgevang – vgl bv Volskwagen se leuens, as die groot ouens kan lieg oor dinge hoeveel te meer die ouens in die voedselbedryf? Ek herinner my paar jaar gelede juis is ‘n firma aangevat omdat hul ham/koue vleise dan nou Slimmer’s Choice is en dis toe bewys dit is nie! My kinders kry gewone broodjies, ek probeer dit wel afwissel en gesond maak en hul kosblikke kom leeg tuis. As hulle uitruil met maats is dit hulle saak. Ek verduidleik net altyd mens moet “brandstof” inkry om te kan werk en dis belangrik dat hul iets eet soos die droë vrugte of versuikerde droë vrugtestafies of grondboontjies of dan die broodjies en vrug self. Water is gesond, spoel die mond en tande skoon na hul geëet het so hulle moet water drink. ‘n Kar sal oppak sonder water en so ook ‘n mens! Alles kan nie altyd gesond wees maar geld kry hul nooit vir snoepie gemors nie, hulle kry wel’n bederfie nou en dan in hul blikkie en dis dit.

El ·

Met ons hitte in Ellisras is dit maar moeilik en weet ek ook nie aldag wat om in te pak nie en gaan soek dan maar op die internet. Maar als is of te duur of nie prakties nie. En meeste van die goed eet die kids in elk geval nie. Ek pak maar op die oomblik droë vrugte, soutkoekies, neute en kaas snackwitches in. Maar die kids raak uitgeeet daaraan na ‘n paar dae. Brood word ook te gou warm en onsmaaklik. Enige ander idees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.