Soorte resepte:

[Foto’s] Kreatiewe idees vir ou kombuisware

Foto: Bored Panda

Foto: Bored Panda

As jy vier koekrollers en ses raspers as trougeskenke gekry het, of dit al vir jare lank opgaar, maar net nie kans sien om jou ou kombuisware uit te gooi nie, is dié kreatiewe idees vir jou.

Teepotte

As jy die mooiste teepotte het, maar hulle staan net en stof vergaar onder in ʼn kas, oorweeg gerus om hulle as blompotte te gebruik. Dit lyk pragtig en jy kan elke dag na jou geliefde teepot kyk.

Jou ouma se lepels

As hulle nie eintlik meer mooi genoeg is om te gebruik nie, maar jy dit graag vir iets wil gebruik is dit ‘n goeie oplossing: As jy die teelepels buig en op ʼn mooi stuk hout vasskroef, sal jy nie net nuwe lewe in jou ouma se lepels blaas nie, maar jy het nou ook ʼn kreatiewe manier iets soos ʼn baadjies en ʼn sambreel op te hang.

Oortollige koekrollers

Sny die koekroller in twee en plak dit op ʼn stuk hout. Nou het jy ʼn oulike plek om jou vadoeke te hang.

Wynbottels

Nou het jy ʼn verskoning om ʼn bietjie meer wyn te drink. Stoor jou bottels totdat jy genoeg het om ook te gebruik as ʼn soort lampskerm. Sny die bodem van die wynbottel af en hang dit van die dak af.

Daar is so baie maniere om jou kombuisware kreatief te gebruik. Besoek gerus Bored Panda vir nog idees.

Kliek op die foto’s om dit te vergroot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BoereBikerBaby ·

Love die idees, dankie, gaan beslis van die idees gebruik maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.