Soorte resepte:

[Foto’s] Kyk net dié oulike truuks vir die kombuis

in-die-kombuis

Foto: brightside.me

Wanneer jy die eerste keer die kombuis “amptelik” betree, voel sommige dinge onmoontlik om te maak. Maar namate jy meer ondervinding opdoen, besef jy die kombuis is die beste plek om te eksperimenteer.

Hierdie 13 truuks sal jou tyd daar sommer baie makliker en opwindend maak:

  • Wanneer jy ʼn groot stuk kaas wil afsny, sny die kaas deur die plastiek. So kan jy die afgesnyde plastiek gebruik om die res van die kaas mooi te verseël.
  • Moenie kruie weggooi wat geel word nie – gooi dit in ʼn ysbakkie saam met olyfolie en bevries dit. So ʼn kruieblokkie is heerlik saam met pasta en slaai.
  • As jy dringend ʼn koekroller nodig kry, gebruik gerus ʼn wynbottel. Dit werk perfek en gee jou ook ʼn verskoning om die laaste bietjie wyn te drink.
  • Pizza proe die volgende dag nooit so lekker soos toe jy dit gekoop het nie. Sit daai oorblywende stukke in ʼn pan op die stoof in plaas van die mikrogolfoond – dit maak ʼn groot verskil!
  • Dit vat redelik baie tyd om klein tamaties middeldeur te sny – veral as jy ʼn groot slaai wil maak. Sit die klein tamaties op die agterkant van ʼn bord en plaas nog ʼn bord (ook die agterkant) op die tamaties sodat die tamaties stewig lê. Gebruik dan ʼn skerp mes om die tamaties met een slag middeldeur te sny.
  • O, daai aaklige oomblik wanneer jy besef daar is nog net ʼn laaste skeppie Nutella oor! Gooi ʼn koppie warm melk in die Nutella-houer en geniet ’n heerlike warm sjokoladedrankie.
  • Meng suurroom, die geel van ʼn gekookte eier en ʼn lepel mosterd saam en jy kry ʼn goeie plaasvervanger vir mayonnaise.
  • Bêre seldery en brokkoli in aluminiumfoelie – dit sal langer vars bly.
  • Maak die perfekte sjokolademandjie deur ʼn ballon te gebruik. Blaas die ballon tot die grootte wat jy vir die mandjie wil hê. Sit die ballon se bodem in ʼn sopbakkie. Gooi ʼn mengsel van wit- en donkersjokolade oor die ballon, en wanneer die sjokolade droog is, blaas jy die ballon af.
  • Besprinkel ʼn avokadopeer met ’n bietjie appelasyn en bêre dit in die yskas saam met ʼn ui. Dit sal verhoed dat die avokado bruin raak.
  • Maak jou ysbakkies vol wyn en bevries dit. Jy kan dit vir ʼn verskeidenheid dinge gebruik – ʼn ysblokkie is altyd welkom as dit so warm is.
  • Sit ʼn pynappel op sy kop wanneer jy dit vir eers bêre. Dit laat die pynappel vinniger ryp word en gee dit ook ʼn soeter smaak.
  • Druk ʼn naald of duimspyker in ʼn eier voordat jy dit kook. Dit sal help om die dop makliker af te kry.

Lees gerus die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eliza-beth ·

Die mayonaise plaasvervanger is plein simpel. As mens nie mayonaise in die kas het nie, hoe sal mens dan eerder suurroom he? Maar ja, paar oulikes…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.