Soorte resepte:

French Toast: Elvis met ‘n “draai”

French_Toast_THE-ELVIS-WITH-A-TWIST_500px.jpg

Foto verskaf

Resep deur Annie Brand

Dit is my babelas-kuur!

Bedien 2, gereed in 1 min

Bestandele:

  • Grondboontjiebotter
  • 2 piesangs
  • 4 snye brood
  • 4 eiers
  • Olie vir braai

Metode:

Maak die piesangs en grondboontjiebotter saam fyn. Smeer die mengsel op die snye. Rol die snye op soos ʼn rolkoek (Roly-Poly). Klits die eiers. Doop die rolle in die eier, braai tot goudbruin. Geniet saam met stroop of spek of net waarvoor jy lus is!

Stuur vir ons jou French toast resep:

Het jy ʼn gunsteling French Toast resep wat jy graag met ons wil deel?  Jy staan nie net ‘n kans om wonderlike pryse te wen nie, maar ook om jou resep te sien op die spyskaart by die French Toast Koffie Kafee in Hartbeespoort.  Skryf hier in.  French Toast die film kan gesien word in teaters vanaf die 24ste April. Lees meer oor die kompetisie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.