Soorte resepte:

Appel en pistachioneut-koek

Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

1 ringkoek of 6 individuele koekies

Bestanddele:
4 ekstragroot eiers
312 ml (1¼ k) strooisuiker
100 g (1 pakkie) pistachioneute, fyngekap
2,5 ml (½ t)vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
knypie sout
166 ml (⅔ k) appelsous
187 ml (¾ k) avokado-olie

Versiersel:
100 g (1 plak) witsjokolade
45 ml (3 e) naturlike jogurt

Wenke:
Appelsous kan ook met Purity-babakos in ‘n appelgeur vervang word, want dit is nie so soet nie. Vir spesiale geleenthede kan die beslag ook in 6 individuele koekpannetjies gebak word. Bak vir 20 tot 25 minute.

Metode:

Stel oond op 180°C.

1. Klits eiers en strooisuiker met elektriese klitser tot liggeel.
2. Voeg pistachioneute (hou bietjie uit vir versiersel) en vanieljegeursel by en meng goed.
3. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout.
4. Meng appelsous en avokado-olie.
5. Meng meelmengsel en appelsousmengsel beurteling sby eiermengsel tot beslag vorm.
6. Skep beslag in ringkoekpan met 26 cm-deursnee wat met kossproei gespuit is.
7. Bak vir 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
8. Laat bietjie in pan afkoel. Keer koek op afkoelrakkie uit en los eenkant tot heeltemal afgekoel.
9. VERSIERSEL: Breek sjokolade in blokkies en smelt in mikrogolf teen 70%-krag of in dubbelkoker.
10. Voeg jogurt by en roer tot goed gemeng.
11. Skep versiersel bo-oor koek en laat teen kante afloop soos verkies.
12. Sprinkel oorblywende pistachioneute bo-oor.

Oorspronklik gepubliseer in: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa
Prys: R135-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.