Soorte resepte:

(Resep) Dadel-en-graanvlokkiekoekies

Dadel-en-graanvlokkiekoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

’n Lekker koekie vir die koekblik.

Ongeveer 72 koekies

Bestanddele:

KOEKIES

  • 250 g (½ blok) sagte botter
  • 375 ml (1½ k) strooisuiker
  • 2 ekstra-groot eiers
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 250 g (1 pakkie) dadels, fyngekap
  • 100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
  • 45 ml (3 e) melk
  • 750 ml (3 k) koekmeel
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • knypie sout

AFRONDING

  • 750 ml (3 k) graanvlokkies
  • 200 g (2 x 100 g-houertjies) heel rooi glanskersies

Metode:

  1. Stel oond op 180 °
  2. KOEKIES Room botter en suiker tot liggeel.
  3. Klits eiers en vanieljegeursel by tot goed gemeng.
  4. Roer dadels, neute en melk by.
  5. Sif meel, bakpoeier en sout. Meng meelmengsel by bottermengsel tot sagte deeg vorm.
  6. Rol deeg in balletjies.
  7. AFRONDING Druk graanvlokkies effens fyner, maar dit moet steeds grof wees. Rol elke balletjie in graanvlokkies.
  8. Plaas balletjies op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Druk met vurk plat.
  9. Sny kersies in helfte en plaas een helfte op elke koekie.
  10. Bak koekies vir 15 minute of tot goudbruin.

Resep: Vinnig en maklike resepte uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.