’n Lekker koekie vir die koekblik.
Ongeveer 72 koekies
Bestanddele:
KOEKIES
- 250 g (½ blok) sagte botter
- 375 ml (1½ k) strooisuiker
- 2 ekstra-groot eiers
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 250 g (1 pakkie) dadels, fyngekap
- 100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
- 45 ml (3 e) melk
- 750 ml (3 k) koekmeel
- 15 ml (1 e) bakpoeier
- knypie sout
AFRONDING
- 750 ml (3 k) graanvlokkies
- 200 g (2 x 100 g-houertjies) heel rooi glanskersies
Metode:
- Stel oond op 180 °
- KOEKIES Room botter en suiker tot liggeel.
- Klits eiers en vanieljegeursel by tot goed gemeng.
- Roer dadels, neute en melk by.
- Sif meel, bakpoeier en sout. Meng meelmengsel by bottermengsel tot sagte deeg vorm.
- Rol deeg in balletjies.
- AFRONDING Druk graanvlokkies effens fyner, maar dit moet steeds grof wees. Rol elke balletjie in graanvlokkies.
- Plaas balletjies op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Druk met vurk plat.
- Sny kersies in helfte en plaas een helfte op elke koekie.
- Bak koekies vir 15 minute of tot goudbruin.
Resep: Vinnig en maklike resepte uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa