Soorte resepte:

Eierlose sjokoladekoek

Lewer 1 groot koek

125 g botter of margarien, gesmelt
15 ml witasyn
500 ml water
10 ml vanielgeursel
750 ml (420 g) Snowflake-bruismeel
5 ml koeksoda
5 ml sout
80 ml (35 g) kakaopoeier
375 ml (300 g) suiker

Sjokoladeversiersel
60 g botter of margarien
30 ml melk
2 ml vanieljegeursel
375 ml (200 g) versieruiker
20 ml Kakaopoeier

1. Klits gesmelte botter, asyn, water en geursel saam.
2. Sif meel, koeksoda, sout en kakaopoeier saam. Voeg suiker by.
3. Voeg droë bestanddele by vloeibare bestanddele en klop liggies tot glad.
4. Skep mengsel in ‘n gevoerde en gesmeerde vierkantige 21 cm- koekpan of ronde 23 cm-losboomveerpan. Bak 50-60 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180°C. Laat ‘n paar minute in pan staan en keer dan op ‘n draadrak uit om heeltemal af te koel.
5. Versiersel: Verhit botter en melk in ‘n klein swaarboomkastrol. Moenie kook nie; roer tot botter gesmelt is. Verwyder van hitte en voeg geursel by. Sif versiersuiker en kakaopoeier saam. Voeg gesmelte bottermengsel by versiermengsel. Meng tot glad en smeer oor koek.

Variasie:
Versier koek met 50 g elk grofgekapte wit-sjokolade, donkersjokolade, hasel- en of pekanneute en sagte karameltoffie.

Resep oorspronklik gepubliseer in Die Uitsonderlike Snowflake Versameling
Uitgewer: RandomHouseStruik
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.