Soorte resepte:

Ham-en-kaas-tert

1 Tert

Kors:
bietjie botter
187 ml (¾ k) vars witbroodkrummels

Vulsel:
bietjie olie
2 uie, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë origanum
60 ml (4 e) vars pietersielie, fyngekap
500 ml (2 k) gaar ham, in klein blokkies gesny
60 ml (4 e) sprietuie, fyngekap
3 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) Bulgaarse jogurt
5 ml (1 t) droë mosterdpoeier
2,5 ml (½ t) sout
knypie rooipeper
187 ml (¾ k) vars witbroodkrummels
375 ml (1½ k) cheddar, gerasper

Stel oond op 180 °C

1. Kors Smeer tertbord met 24 cm-deursnee goed met botter.
2. Sprinkel broodkrummels op bodem van tertbord en hou eenkant.
3. Vulsel verhit bietjie olie en soteer uie daarin tot sag.
4. Voeg origanum en pietersielie by en soteer nog 3 minute.
5. Verwyder van hitte en voeg ham en sprietuie by.
6. Klits eiers in groot mensgbak. Voeg jogurt, mosterd, sout en rooipeper by en roer tot goed gemeng.
7. Meng broodkrummels en kaas by hammengsel.
8. Skep vulsel in voorbereide tertbord en bak vir 35 minute of tot gestol in middel.

Resep oorspronklik gepubliseer in 50 Beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa
Prys: R135-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Belinda ·

Altyd die lekkerste resepte en ok so maklik om dit temaak en tog so lekker om dit te eet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.