Soorte resepte:

Ham- en kaastert

Foto: 50 beste gebak uit Vrouekeur

Foto: 50 beste gebak uit Vrouekeur

Kors
bietjie botter
187 ml (¾ k) vars witbroodkrummels

Vulsel
bietjie olie
2 uie, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë origanum
60 ml (4 e) vars pietersielie, fyngekap
500 ml (2 k) gaar ham, in klein blokkies gesny
60 ml (4 e) sprietuie, fyngekap
3 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) Bulgaarse jogurt
5 ml (1 t) droë mosterdpoeier
2,5 ml (½ t) sout
knypie rooipeper
187 ml (¾ k) vars witbroodkrummels
375 ml (1½ k) cheddar, gerasper

Metode:

Stel oond op 180 °C.

1. KORS Smeer tertbord met 24cm-deursnee goed met botter.
2. Sprinkel broodkrummels op bodem van tertbord en hou eenkant.
3. VULSEL Verhit bietjie olie en soteer uie daarin tot sag.
4. Voeg origanum en pietersielie by en soteer nog 3 minute.
5. Verwyder van hitte en voeg ham en sprietuie by.
6. Klits eiers in groot mengbak. Voeg jugurt, mosterd, sout en rooipeper by en roer tot goed gemeng.
7. Meng broodkrummels en kaas by hammengsel.
8. Skep vulsel in voorbereide tertbord en bak vir 35 minute of tot gestol in middel.

Resep oorspronklik gepubliseer in 50 Beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa
Prys: R135-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.