Soorte resepte:

[Resep] Immergewilde skons

Immergewilde skons. Foto: Lekker en Vinnig

Lewer 12 Skons

Bestanddele:

  • 500 g (4k) bruismeel
  • 250 ml (1k) room
  • 187 ml sprite of sprite zero
  • 30 ml (2e) strooisuiker
  • knypie sout
  • melk vir bo-oor

Metode:

Stel oond op 200°C.

1. Meng bestanddele behalwe melk in groot mengbak.
2. Druk mengsel met hande bymekaar, maar moenie knie nie.
3. Sprinkel bietjie meel op werksoppervlakte en druk deeg met handpalm gelyk tot ongeveer 2 cm dik.
4. Druk ongeveer 12 skons uit deeg. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
5. Verf bietjie melk liggies oor elke skon.
6. Bak vir 12-15 minute tot goudbruin.

Bron: Lekker & vinnig: Kosblikkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Hierdie is n wenresep, dis al skons wat ek maak, vandat ek die Keur resepteboek ( 50 Beste gebak uit Vrouekeur, bl 37) as geskenk by my ma gekry het. Dis so lekker klam, die beste resep ooit, dit vries ook wonderlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.