Soorte resepte:

Krimpvarkiekoek

Oulike verjaarsdagkoek idee.

Lewer 1 groot koek:

Bestanddele:
200 ml kookolie
375 ml (300g) suiker
4 ekstra groot eiers
45 ml gladde appelkooskonfyt
625 ml (350g) snowflake-bruismeel
7 ml koekoda
2 ml sout
60 ml (25g) kakaopoeier
375 ml vars melk

Versiersel en Bolaag:
100 g sagte botter of margarien
500 ml (250g) versiersuiker, gesif
60 ml (25g) kakaopoeier
30 ml warm water
5 ml vanieljegeursel
sowat 30 ml melk

Versiering:
10 ml kakaopoeier
sowat ¼ hoeveelheid (125g) marsepein
3 jelliebontjies, ander lekkergoed of ekstra marsepein
sowat 15 flake-sjokolade

1. Klits olie en suiker saam. Voeg eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging, tot lig en romerig. Voeg konfyt by.
2. Sif meel, sout en kakaopoeier saam. Voeg om die beurt met melk by romerige mengsel. Meng goed.
3. Skep mengsel in ‘n gesmeerde, oodvaste, diep ronde glasbak (inhoudsmaat 3.5 liter) en bak 55-60 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C. Laat ‘n paar minute in die bak staan en keer dan op ‘n draadrak uit om heeltemal af te koel.
4. Versiersel en bolaag: klop botter en versiersuiker saam tot romerig. Meng kakaopoeier met warm water tot glad en voeg by versiersel. Voeg geursel by, en genoeg melk om tot glad en smeerbaar te meng.
5. Om saam te stel: Sny koek horisontaal in twee lae en smeer versiersel tussenin. Sny 4-5 cm van koek aan twee teenoorgestelde kante af. Plaas die twee afgesnyde stukke bo-op die koek om die bokant meer spits te maak. bedek koek heeltemal met res van versiersel.
6. Versiering: Voeg kakaopoeier by marsepein en knie tot goed gemeng. Vorm ‘n krimpvarkiegesiggie en plak teen die koek. Pak lekkergoed op gesig vas vir oë, asook een vir die mond. Sny elke flake in drie en druk vas in die versiersel terwyl sag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.