Soorte resepte:

Lebkuchen vir jou Valentyn

Lebkuchen (Foto: Lapa-uitgewers)

Druk die Lebkuchenkoekies in hartjievorms uit en gee dit vir jou geliefde vir Valentynsdag!

Lewer 35 koekies

Bestanddele

60 g (70 ml) botter
115 g (160 ml) gouestroop
245 g (435 ml) koekmeelblom
2,5 ml gemaalde gemmer
2,5 ml gemaalde kaneel
2,5 ml gemaalde naeltjies
2,5 ml kakao
15 ml melk
55 g (60 ml) gemengde sitrusskil, fyn gekap
30 ml framboos-/aarbeikonfyt (of meer)
185 g donkersjokolade gesmelt en gemeng
10 ml sonneblomolie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smelt die botter en stroop saam. Bring net tot op kookpunt en laat dan vir 10 minute afkoel.
  3. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit saam met die melk en skiI by die bottermengsel.
  4. Bedek en laat vir 1½ uur staan.
  5. Knie die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak tot dit nie meer klewerig is nie.
  6. Rol dit op die meelbestrooide plastiek uit tot 8 mm dik.
  7. Druk hartvorms (5 cm in deursnee) uit en plaas 3 cm uit mekaar op gesmeerde bakplate.
  8. Druk holtes, 2 cm in deursnee in die middel van die harte met ʼn houtlepel se steel en vul elk met ‘n kwart teelepel konfyt.
  9. Bak vir ongeveer 10-15 minute of tot verkleur en laat afkoel.
  10. Doop die onderkant van elke hartkoekie in die gesmelte sjokolade en laat dit effens afdrup.
  11. Plaas dit dan op plastiek om te stol met die sjokolade na bo.

 

Bron: 101 kleinkoekies, Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.