Soorte resepte:

Melkkoek

1 groot koek

Koek:
125 ml (½ k) melk
90 ml (6 e) water
125 ml (½ k) olie
4 ekstragroot eiers
500 ml (2 k) strooisuiker
10 ml (2 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout

Melkvulsel:
90 ml (6 e) mielieblom
45 ml (3 e) koekmeel
3 ekstragroot eiers, geskei
1 l melk
30 ml (2 e) botter
250 ml (1 k) suiker
knypie sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Stel oond op 180°C.

1. Koek: Verhit melk, water en olie in kastrol tot kookpunt. Hou eenkant.
2. Klits eiers tot liggeel. Klits strooisuiker bietjies-bietjies by.
3. Klits nog 8 minute. Roer vanieljegeursel by.
4. Sif koekmeel, bakpoeier en sout.
5. Roer meelmengsel en melkmengsel beurtelings by eiers in tot beslag vorm.
6. Verdeel beslag tussen twee koekpanne met 22 cm-deursnee wat met bakpapier uitgevoer is.
7. Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
8. Laat koeke in koekpanne afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
9. Melkvulsel: Meng mielieblom en koekmeel in mengbak.
10. Klits eiergele en bietjie van melk om pasta te vorm.
11. Roer eiergeelmengsel by meelmengsel tot glad en sonder klonte.
12. Verhit oorblywende melk, botter, suiker en sout in groot kastrol tot kookpunt.
13. Roer bietjie van kookmelk by eiergeelmengsel tot glad. Gooi eiermengsel by warm melkmengsel in kastrol.
14. Draai hitte laer en kook tot dik, terwyl af en toe geroer word.
15. Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by.
16. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou by vlamengsel in.
17. Plaas waspapier bo-op vlamengsel en laat eenkant tot goed afgekoel. Waspapier keer dat ‘n vel vorm.
18. Sny koeke horisontaal in middel deur.
19. Smeer van vlamengsel op elke koeklaag. Plaas koeklae op mekaar.
20. Plaas koek in yskas tot benodig.
21. Versier koek met versuikerde roosblare.

WENK: Versuikerde roosblare kan selfs ‘n paar dae voor die tyd gemaak word.

Versuikerde roosblare:
2 vars rose
1 eierwit
verfkwassie
ongeveer 45 ml (3 e) strooisuiker

1. Pluk rose se blare versigtig af.
2. Verf eierwit met kwassie aan voor- en agterkant van elke blaar.
3. Sprinkel strooisuiker bo-oor tot blare goed aan albei kante bedek is.
4. Plaas blare op geskikte bord en laat eenkant tot droog.
5. Berg blare op koel, droë plek, maar nie in yskas nie.

Resep oorspronklik gepubliseer in 50 beste gebak uit Vrouekeur
Opgestel deur Marlo Carstens
Uitgewers: Lapa
Prys: R135-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.