Soorte resepte:

Maklike Melkkos

Genoeg vir 4

Bestanddele:
170 g koekmeel
1 ml sout
40 g koue Clover Mooi River botter, in blokkies gesny
1 liter Clover Mmmilk
1 kaneelstokkie
1 lourierblaar
kaneelsuiker

Metode:
1. Meng die meel en sout saam en vryf die botterblokkies met die vingerpunte in totdat dit soos broodkrummels lyk.
2. Verhit die melk, kaneelstokkie en lourierblaar saam tot kookpunt.
3. Verlaag die hitte en verwyder die kaneelstokkie en lourierblaar.
4. Roer die meelmengsel geleidelik by die warm melk met ‘n draadklitser. Prut 8 tot 10 minute en roer aanhoudend.
5. Sit warm voor met kaneelsuiker.

Wenk: Gebruik ‘n stokmenger om ‘n sygladde tekstuur te verseker.

Oorspronklik gepubliseer in Trooskos
Uitgewer: Lapa
Prys: R175-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Susan Lombaard ·

Mmm… Pas gemaak. Dit was nou lekker. Wenk: moenie die meelmengsel by die melk gooi nie. Gooi die kookmelk bietjies-bietjies by die meelmengsel en klits met ‘n draadklitser, tot al die melk by die meel is. Gooi dan terug in die kastrol om verder te kook. As jy die meel by die melk gooi, maak dit klonte wat geen stokmenger kan fynkry nie!

Pollie Mereis ·

Hi Susan, ek stem saam dat ‘n mens die melk stadig by die meelmengsel moet voeg. Mens moet ook dieselfde doen wanneer ‘n mens melktert maak, dan klont jou vulsel nie.

Die resep laat my aan my Voortrekkerkampdae dink toe ons ook die melkkos so gemaak het.

Heerlik

Groete
Pollie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.