Soorte resepte:

Mieliemeel-worsies op stokkies

Lewer 8

250 ml (140 g) snowflake-koekmeel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
160 ml (120 g) mieliemeel
30 ml suiker
1 ekstragroot eier
200 ml melk
30 ml kookolie
8 weense worsies
kookolie vir diepbraai
8 dun houtstokke

1. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg mieliemeel en suiker by.
2. Klits eiers, melk en olie saam. Voeg by droë bestanddele en meng goed tot beslag glad, dik en klontvry is. Laat sowat 20 minute staan.
3. Verhit olie in ‘n klein swaarboomkastrol.
4. Doop elke worsie in beslag en dompel versigtig in warm olie. Diepbraai in matige olie tot goudbruin. Skep uit olie en dreineer op papierhanddoek. Steek ‘n houtstok in elke worsie en bedien dadelik met tamatiesous indien verkies.

Wenke:
Toets die olie deur ‘n bietjie beslag daarin te giet om seker te maak dat dit warm genoeg is vir braai.

  • Vlakbraai: Giet kookolie in ‘n medium swaarboomkastrol tot in diepte van sowat 5 mm.
  • Diepbraai: Giet kookolie in ‘n klein swaarboomkastrol tot ‘n diepte van sowat 8 mm.

Resep oorspronklik gepubliseer in Die Uitsonderlike Snowflake versameling
Uitgewer: RandomHouseStruik
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.