Brosbrood:
125 g (¼ blok) sagte botter
75 ml (5 e) strooisuiker
250 ml (1 k) koekmeel
knypie sout
Karamellaag:
60 ml (4 e) botter
45ml (3 e) gouestroop
397 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ k) strooisuiker
Bolaag:
200 g (2 pakke) sjokolade, in blokkies gebreek
100 g (1 pak) donkersjokolade, in blokkie gebreek
Stel oond op 160°C.
1 Brosbrood Room botter en strooisuiker tot liggeel.
2 Sif koekmeel en sout by en meng tot sagte deeg vorm.
3 Druk deeg op bodem van koekpan 20 cm x 20 cm groot wat met bakpoeier uitgevoer is vas.
4 Prik deeg met vurk en bak vir 20 minute. Verwyder uit oond.
5 Karamellaag Verhit bestanddele vir karamellaag oor matige hitte in dikboomkastrol tot suiker opgelos is. Roer af en toe.
6 Kook verder tot mengsel dik en goudkleurig word. Dit neem ongeveer 10 minute vandat eerste borreltjies begin vorm tot karamel reg is.
7 Skep karamelsous bo-oor broskors. Hou eenkant tot gestol.
8 Keer koekies versigtig met behulp van bakpapier uit.
9 Bolaag Smelt sjokolade teen 70%- krag in mikrogolf. Roer af en toe tot dit glad is.
10 Smeer sjokolade bo-oor karamellaag en laat eenkant tot gestol.
11 Sny kante gelyk en sny ewe groot blokkies.
Hoeveel koekmeel?
Ons sal julle môreoggend in kennis stel. Jammer hieroor! Groete, Maroela
Hoeveelheid koekmeel en sout is uitgelaat?
Ons sal julle môreoggend gou laat weet! Jammer hieroor. Groete, Maroela
Die hoeveelheid koekmeel is 250 ml (1 k). Die resep is nou volledig, loer gerus. Groete, Maroela
Wag ook vir regte bestanddele en onthou dat die deeglaag op bakpapier en nie bakpoeier vas gedruk moet word.