Soorte resepte:

Milo-Koekies

Milo-koekies. Foto: Leserskring Spogresepte.

Milo-koekies. Foto: Leserskring Spogresepte.

Bestanddele:

  • 300 ml witsuiker
  • 300 ml bruinsuiker
  • 3 eiers
  • 350 g sagte margarien
  • 1 liter bruismeel
  • 375 ml Milo®
  • 5 ml vanieljegeursel

Vulsel:

  • 250 ml suiker
  • 115 g margarien
  • 75 ml melk
  • 30 ml Milo®
  • 30 ml kookwater

Metode:

Voorverhit die oond tot 180° C. Smeer ʼn bakplaat.

Klits die wit- en bruinsuiker en die eiers. Roer die margarien by en meng goed.
Voeg die bruismeel, Milo® en vanieljegeursel by en meng baie goed tot ʼn sagte deeg. Rol in klein balletjies en plaas op die voorbereide bakplaat, nie te na aan mekaar nie. Druk effe plat en bak 10-15 minute. Laat afkoel.

Om die vulsel te maak:

Giet die suiker, margarien en melk in ʼn kastrol. Meng die Milo® met die kookwater en voeg by. Meng goed en kook vinnig vir 5 minute. Haal van die stoof af en klop tot styf en koud. Smeer die vulsel op die Milo®- koekie en plak opmekaar.

Lewer ongeveer 60 gevulde koekies.

Bron:
Vicky Swart van Hartbeespoort
Uit: Leserskring Spogresepte saamgestel deur Christelle Erasmus
Besoek Leserskring se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SYLVIA ·

Klink heerlik! maar dis baie suiker en hoeveel is 1 liter bruismeel? skuus seker dom, maar gewoonlik word net vloeistof in liters aangedui, nie droeë bestanddele nie, dit werk nie vir my nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Sylvia en Anel

Dankie vir julle navrae!
Ons het met Christelle Erasmus, die samesteller van Leserskring Spogresepte, gesels en sy het bevestig dit moet wel 1 liter bruismeel wees. Hulle het die res van die droë bestanddele ook in vloeistofmate aangedui (vergelyk suiker en bruinsuiker). Volgens Christelle meet mens dit met ‘n literhouer af. Hulle het die resep deeglik getoets en bevestig alle mate is korrek.

Laat weet ons gerus wanneer julle die koekies gebak het!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Anel ·

Sylvia ek stem saam……wil ook graag weet hoeveel is 1lit Bruismeel asb.

Daleen ·

Gebruik byvoorbeeld ‘n maatbeker en vul dit op met meel tot waar die 1 liter-merk is!

lalla ·

Ja, ek stem saam. Suiker lyk bietjie baie. Gaan dit so bietjie minder maak, aangesien ons n diabeet in die huis het en mal is oor soetgoed!!!!

Antoinette van der Merwe ·

Nee man. Een bestandeel in lt en andervin mg. Baie verwarrend. Dit werk nie vir my nie. Of is dit ook nou nuwe afrikaans?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.