Soorte resepte:

Resep: Ouma Meraai se sjokolade-lemoenpoeding

Ouma Meraai se sjokolade-lemoenpoeding (Foto: NB Uitgewers)

Alta Grobbelaar van Douglas naby Kimberley se sjokolade-lemoenpoeding gaan heerlik saam met roomys of vla.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 25 ml kakaopoeier
  • 200 ml suiker
  • 125 ml melk
  • 25 ml olie

BOLAAG

  • 250 ml bruinsuiker
  • 50 ml kakaopoeier
  • gerasperde skil van 1 lemoen
  • 250 ml lemoensap
  • 250 ml kookwater

METODE

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sif die meel, bakpoeier, sout en kakao saam. Voeg die suiker by.
  3. Verhit die melk en olie en roer by die meelmengsel in.
  4. Skep in ’n gesmeerde vierkantige oondbak.
  5. Meng die bruinsuiker, kakao en lemoenskil vir die bolaag en strooi dit bo-oor die deeg. Meng die lemoensap en kookwater en giet bo-oor.
  6. Bak vir 30 minute.
  7. Bedien met roomys of vla.

Bron: VLV-kookboek

Die VLV-kookboek bevat ‘n versameling flatervrye resepte deur die lede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland ter viering van hul 90ste bestaansjaar. Dit is ‘n onontbeerlike resepteboek deur ma’s en vroue vir vroue van alle ouderdomme.

Die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland is ‘n nieregerende organisasie wat op 15 Oktober 1929 in Franschhoek in die lewe geroep is met die doel om persoonlike groei te bevorder en gemeenskapsdiens te verrig.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R350-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.