Dié muffins is soet en geurig vir die feestyd.
Genoeg vir 12
Bestanddele:
- 2 k (280 g) koekmeel
- 4 t (20 ml) bakpoeier
- 2 t (10 ml) gemaalde kaneel
- ½ t (2 ml) gemengde speserye
- ¼ t (1 ml) sout
- 2 eiers
- ¾ k (160 g) strooisuiker
- skil en sap van 1 lemoen
- ½ k (125 ml) Clover-volroommelk
- ½ (115 g) Clover Springbok-botter, gesmelt
- ¾ k (170 g) fyngedrukte gaar pampoen
- 1 appel, geskil en gerasper
Krummelbolaag:
- ¼ k (35 g) bruismeel
- ¼ k (50 g) bruinsuiker
- 1 t (5 ml) gemaalde kaneel
- 4 t (20 g) Clover Springbok-botter
- 2 t (10 ml) water
Metode:
- Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer die holtes van ʼn muffinpan. Sif die meel, bakpoeier, kaneel, speserye en sout saam.
- Klits die eiers en suiker saam in ʼn aparte groot mengbak vir 2 minute. Klits die lemoensap en -skil, melk en botter by die eiermengsel.
- Vou die pampoen en appel in.
- Sif die meelmengsel oor die pampoenmengsel en vou versigtig in. Moet dit nie te veel meng nie.
- Skep die beslag in die holtes van die pan.
- Bolaag:
- Meng al die droë bestanddele saam en vryf die botter met die vingerpunte in. Voeg die water by en meng.
- Strooi die bolaag oor die beslag in die pan en bak 20 tot 25 minute of tot deurgaar indien met ʼn metaalpen getoets word.
Resep: Trooskos
Uitgewer: Lapa