Soorte resepte:

Partytjienessies

Lewer 12

250 ml (140 g) Snowflake-koekmeel
7 ml bakpoeier
1 ml sout
45 ml kakaopoeier
125 ml (100 g) suiker
1 ekstragroot eier
80 ml melk
80 ml kookolie
5 ml karamelgeursel
1 Flake – sjokolade vir garnering
Smarties of astros – vir garnering

Sjokoladeversiersel:
125 g sagte botter of margarien
500 ml (250 g) versiersuiker, gesif
60 ml (25 g) kakaopoeier, gesif
5 ml karamelgeursel
sowat 30 ml melk

1. Sif meel, bakpoeier, sout en kakaopoeier saam.Voeg suiker by.
2. Klits eier, melk, olie en geursel saam. Voeg by droë bestanddele en meng goed.
3. Plaas die papiervormpies in muffinpanne. Skep papiervormpies twee derdes vol beslag en bak 12-15 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C. Keer op ‘n draadrak uit en laat afkoel.
4. Versiersel: Klop botter en versiersuiker saam tot romerig. Voeg res van bestanddele by en klop tot glad en smeerbaar.
5. Smeer bo-op kolwyntjies en versier met Flake en smarties, of enige ander versierings.

Resep oorspronklik gepubliseer in Die Uitsonderlike Snowflake Versameling
Uitgewer: RandomHouseStruik
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.