Soorte resepte:

Patat-sjokolade-bruintjies

Patat-sjokolade-bruintjies (Foto: Verskaf)

Geniet dié gesonder weergawe van die tradisionele bruintjie.

Bestanddele:

  • 1 kg patat (geskil en fyngedruk)
  • 2 opgehoopde eetlepels rou kakao
  • 5 eetlepels rou heuning
  • 100 g amandelmeel
  • 2 teelepels vanielje-ekstrak
  • 2 teelepels karamel-ekstrak
  • 1 teelepel Oryx Desert-sout
  • 2 teelepels koeksoda
  • 8 eiers (4 heel eiers en 4 eierwitte)
  • Opsionele ekstra – 1 plak Gayleen’s Decadence-sjokolade (gerasper)

Sjokolade-neutbotter-versiering

  • 300 g amandelbotter of makadamianeutbotter
  • 5 teelepels rou heuning
  • 1 opgehoopde eetlepel rou kakao
  • ’n knypie Oryx Desert-sout
  • 1 teelepel karamel-ekstrak

Versiering

  • Gekapte amandels
  • Vanillapoeier of kakao
  • Vars kruisementblare

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C .
  2. Voer ʼn oondpan uit met waspapier.
  3. Stoom die patat totdat dit heeltemal sag is, en druk dit fyn tot glad.
  4. Voeg die amandelmeel, kakao, heuning, ekstrak, sout en koeksoda by en meng. Voeg die Gayleen’s-sjokolade by en meng weer.
  5. Klits die eiers totdat dit donsig is. Dit is belangrik om die tekstuur van die bruintjie te verbeter.
  6. Voeg die eiermengsel by die soetpatat en klits totdat jy ’n gladde en ligte tekstuur kry. Slegs dan is dit gereed om in die oondbak te gooi en te bak vir 20-25 minute.
  7. Verwyder uit die oond en laat rus tot afgekoel.

Vir die neutbotterversiering:

Meng al die bestanddele saam tot ’n gladde tekstuur en smeer oor die afgekoelde bruintjies. Rond dit af met die geroosterde amandels en vanieljepoeier en versier dan met kruisementblare.

Bron: Izelle Hoffman, http://www.nutritionbyolive.com/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.