Soorte resepte:

[Resep] Aarbeibroskoek-toebroodjies

Foto: Clover Gunsteling Braairesepte

Aarbeibroskoek-toebroodjies. Foto: Clover Gunsteling Braairesepte

Aarbeikonfyt kan met appelkooskonfyt vervang word en die aarbeie met geroosterde perskes.

Maak 6 – 8

Bestanddele:

Deeg

  • 2 k (280 g) bruismeel
  • 1 t (5 ml) bakpoeier
  • ½ t (2 ml) sout
  • ½ k (125 g) Clover Mooi Rivier botter, verkoel en in blokkies gesny
  • ½ k (100 g) strooisuiker
  • ½ k (80 ml) Clover Amazi
  • 1 eier

Vulsel

  • 125 g vars aarbeie, gesny
  • 1 e (15 ml) versiersuiker
  • 2 e (30 ml) lemoengeur likeur, opsioneel
  • ¼ k (60 ml) aarbeikonfyt
  • 1 k (250 ml) Clover room, geklop

Metode:

Verhit oond tot 190 ᵒC

Deeg

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout in ʼn mengbak.
  2. Vryf die botter in die meel met jou vingerpunte tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
  3. Roer die suiker by. Klits die eier en Amazi liggies saam.
  4. Maak ʼn holte in die middel van die meelmengsel en gooi die vloeibare bestanddele by.
  5. Bewerk die mengsel tot dit ʼn sagte, taai deeg vorm.
  6. Rol die deeg uit op ʼn oppervlak wat liggies meel bedek is.
  7. Gebruik ʼn ronde koekiesnyer en sny 8 sirkels uit en plaas op ʼn uitgevoerde bakplaat.
  8. Bak vir 18-25 minute tot goudkleurig en gaar.
  9. Laat afkoel.

Vulsel

  1. Plaas die aarbeie, versiersuiker en likeur in ʼn mengbak en meng liggies.
  2. Laat staan vir 15 minute.
  3. Sny die broskoek middeldeur en smeer die onderste helfte met aarbeikonfyt, geklopte room en van die aarbeie.
  4. Sit die boonste gedeelte bo-op die toebroodjies en sprinkel met versiersuiker.

Bron: Gunsteling Braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.