Soorte resepte:

Resep: Amandeltertjies

Amandeltertjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Maak ʼn groot tert om te deel of ʼn paar kleintjies sodat elkeen ʼn eie tertjie het.

Lewer ongeveer vier tertjies of een groot tert.

Bestanddele:

Broskorsdeeg

  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • Knypie sout
  • 190 g botter
  • 15 ml (1 e) strooisuiker
  • 1 ekstragroot eiergeel
  • 45 ml (3 e) yswater
  • 5 ml (1 t) suurlemoensap

VULSEL

  • 250 9 (2 ½ x 100 g-pakkies) gemaalde amandels
  • 500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
  • 4 ekstragroot eierwitte

Metode:

Stel oond op 180 °C

BROSKORSDEEG

  1. Sif meel en sout. Vryf botter by meel in tot dit soos broodkrummels Iyk. Roer suiker by.
  2. Klits eiergeel, water en suurlemoensap. Meng by meelmengsel tot deeg vorm.
  3. Bedek deeg met kleefplastiek en verkoel vir 1 uur in
  4. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 4 mm dik. Voer ongeveer 4 klein tertpannetjies met 11 cm-deursnee of een groot losboomtertbord met 24 cm-deursnee
  5. Bak tertkors vir 12 minute blind. Verwyder bakpapier en boontjies.

VULSEL

  1. Meng amandels en versiersuiker. Roer eierwitte by tot goed gemeng.
  2. Skep vulsel in gebakte tertkorsies. Bak vir 20 Laat afkoel en versier soos verkies.

Bron: Vinnig en maklik. Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa-uitgewers

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.