Soorte resepte:

Resep: Amasi-beskuit

Amasi-beskuit (Foto: Lapa-uitgewers)

Daar is niks so lekker soos ʼn koppie boeretroos saam met ʼn stukkie beskuit nie.

Lewer ongeveer 70 stukke

Bestanddele

  • 500 g (1 blok) Clover Farmstyle-botter
  • 2 ekstragroot eiers
  • 750 ml (3 k) suiker
  • 1,25 ℓ (5 k) Clover Amasi
  • 2 kg bruismeel
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • ekstra bruismeel indien nodig
  • ekstra Clover Farmstyle-botter vir smeer

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
  2. Smelt die botter en hou eenkant.
  3. Klits die eiers in ʼn groot genoeg mengbak. Roer die suiker en Amasi daarby.
  4. Roer die afgekoelde botter by die eiermengsel en roer deur tot goed gemeng.
  5. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ʼn groot genoeg mengbak.
  6. Roer die eier-botter-mengsel by die meelmengsel tot ʼn deeg vorm.
  7. Voeg ekstra bruismeel by indien die deeg te veel aan jou hande vaskleef.
  8. Verdeel die deeg in balletjies.
  9. Smeer drie broodpanne van 10 cm x 27 cm goed met botter en plaas die deegballetjies daarin.
  10. Bak vir 60 minute tot lig goudbruin bo-op of tot ʼn toetspen skoon uitkom.
  11. Laat die beskuit in die broodpanne afkoel en keer dit dan uit om heeltemal af te koel.
  12. Breek die beskuit in stukke en plaas op bakplate.
  13. Voorverhit die oond tot 60 °C en droog die beskuit vir vyf uur uit of tot heeltemal droog. Berg in ʼn lugdigte houer.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mornay ·

My ma het altyd vir ons n soort gelyk beskuit gebak maar nou met die krag wat so duur is en ook beurt krag op hande sal papa maars eers n oond vir ons buite moet bou want in totaal praat jy van 6 ure se krag

Danke wel vir die resp MM

Lucille ·

Moet die deeg geknie word? Baie dankie, dit klink baie lekker en sal dit beslis bak.

Gertryda ·

Ek bak koek en alles met maas al vir jare ipv karringmelk en melk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.