Soorte resepte:

Resep: Appelpoeding

Kaneel en appel is die perfekte kombinasie.

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

  • 6 appels, geskil en in blokkies gesny
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 5 ml (1 t) fyn gemmer
  • 5 ml (1 t) fyn kruienaeltjies
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 30 ml (2 E) botter
  • 500 ml (2 k) water
  • 2 x 400 g-rolle skilferkorsdeeg

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 20 x 30 cm­ oondvaste bak.
  2. Meng die appels, kaneel, gemmer, naeltjies, suiker, botter en water saam in ’n swaarboomkastrol en verhit tot dit liggies kook. Laat die mengsel prut oor matige hitte vir ongeveer 15 minute tot die appels sag is. Verwyder van die hitte en laat appelmengsel afkoel.
  3. Rol die helfte van die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak effens uit en voer die voorbereide oondbak daarmee. Bak die deegkors blind vir 15 minute.
  4. Skep die appelmengsel bo-oor die deeg en maak gelyk.
  5. Rol die oorblywende deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en bedek die appelvulsel daarmee.
  6. Steek gaatjies in die deeg sodat die stoom kan ontsnap en bak vir 30-40 minute tot goudbruin. Bedien saam met vanieljeroomys.

Bron: Soettand

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louis ·

Ja Transvaalse Nooi dis die nuwe Wet van Transvaal hou jou Blind !!!!!!

Yda ·

Wanneer jy ‘n kors blindbak, plaas die deeg in die bak en bakpapier bo-oor met droë boontjiepitte in sodat dit glad en egalig kan bak,

Amber ·

Blind bak beteken: Rol die kors uit, sit in pan en gooi droë bone of rys bo~op die kors voordat dit oond toe gaan. Jy kry deesdae keramiek balletjies by bakwinkels. Die gewig van die bone voorkom dit die kors oplig terwyl dit bak.
Hoekom dit blind-bak genoem word, weet nugter alleen, maar dis die term wat gebruik word in die bak-wêreld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.