Soorte resepte:

Resep: Appelrolpoeding

Appelrolpoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié geurige poeding is perfek vir die feestyd!

Genoeg vir 6

Bestanddele:

Deeg:

  • 500 ml bruismeel
  • 2 ml sout
  • 5 ml fyn kaneel
  • 250 ml koue Clover Springbok-botter, in blokkies gesny
  • 2 eiers
  • 60 ml Clover-volroommelk

Vulsel:

  • 125 ml appelkooskonfyt
  • 4 groot Granny Smith-appels, ongeskil gerasper
  • 10 ml fyngerasperde lemoenskil
  • 80 ml sultanas

Stroop:

  • 250 ml Clover Krush-appelsap
  • 125 ml water
  • 75 g Clover Springbok-botter
  • 5 ml fyn kaneel
  • 200 ml suiker

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak met ’n deursnee van 25 x 30 cm.
  2. Deeg: Room die botter en die suiker tot lig en donsig.
  3. Klits die eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging.
  4. Sif al die droë bestanddele saam en sif dit dan weer by die bottermengsel. Meng goed tot ’n deeg vorm.
  5. Rol die deeg reghoekig uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
  6. Vulsel: Smeer die konfyt eweredig oor die deeg en skep die gerasperde appel oor. Strooi die lemoenskil en sultanas oor die appel.
  7. Rol die deeg op soos ’n rolkoek en sny deegskywe. Pak die deegskywe styf teen mekaar in die voorbereide oondbak.
  8. Stroop: Meng al die stroopbestanddele in ’n swaarboomkastrol en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir 5 minute liggies prut.
  9. Giet die warm stroop oor die skywe rolpoeding en bak vir 30-35 minute.
  10. Bedien saam met Clover UHT-vla of styfgeklopte Clover-room.

Resep: Ekonomiese gesinskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.