Soorte resepte:

[Resep] Appelsousstafies

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Lewer 27 stafies

Bestanddele:

  • 125 ml sonneblomolie
  • 125 ml suiker (100 g)
  • 1 groot eier
  • 200 g rysmeel
  • 60 ml soja- of kekerertjiemeel
  • 2,5 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml koeksoda
  • 1 ml gerasperde neutmuskaat
  • 5 ml fyn kaneel
  • 250 ml KOO-appelsous
  • 75 g dadels, gekap
  • 50 g pekanneute, gekap

Metode:

  1. Verhit die oond tot 180 °C.
  2. Klits die olie, suiker en eier tot liggeel en goed gemeng.
  3. Sif die rysmeel, soja- of kekerertjiemeel, sout, bakpoeier, koeksoda, neutmuskaat en kaneel twee keer saam.
  4. Voeg die droë bestanddele, appelsous, dadels en neute by die eiermengsel en meng tot glad.
  5. Skep die deeg in ʼn gesmeerde 320 x 220 mm-rolkoekpan en maak gelyk.
  6. Bak vir 20-25 minute tot goudbruin en gaar. Laat vir 10 minute in die pan afkoel, sny in stafies en laat heeltemal afkoel in die pan.

Voorstelle en variasies

Appelsousbeskuit: Droog die stafies oornag of vir 5-6 uur in die louoond of teen 70 °C.

Bron: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul ·

Is beter Afrikaans vir die Engelse/Amerikaanse “applesauce” nie eerder “appelmoes” as “appelsous” nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Paul,

Dankie vir die voorstel, ons publiseer egter, volgens ons ooreenkoms met die uitgewer, die resep direk soos dit oorspronklik in die resepteboek gepubliseer is.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.