Soorte resepte:

[Resep] Appeltert

Foto: Pixabay.com

Appeltert. Foto: Pixabay.com

ʼn Heerlike tert wat sommer maklik vries. Saam met ʼn koppie boeretroos gaan dié mos hemels smaak.

Bestanddele:

Kors

  • 500 ml ongesifte koekmeelblom
  • 250 ml suiker
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 250 g margarien

Vulsel

  • 1 blik onversoete tertappels, fyngekap (385 g)
  • 125 ml suiker
  • 125 ml koekvrugtemengsel
  • 2 ml kaneel
  • 1 ml fyn kruienaeltjies
  • knypie sout
  • 1 t hoogvol vlapoeier aangemaak met ʼn bietjie water

Metode:

  1. Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam.
  2. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat dit ʼn deeg vorm.
  3. Bedek die deeg en laat dit ʼn rukkie rus.
  4. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  5. Druk die helfte van die deeg teen die wand en op die boom van ʼn oondvaste tertbord.
  6. Meng die tertappels, suiker, koekvrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam.
  7. Skep dit in ʼn kastrolletjie en verhit stadig.
  8. Roer vlapoeier by mengsel totdat dit verdik.
  9. Laat afkoel.
  10. Skep op die kors in die tertbord.
  11. Rasper die res van die deeg grof bo-oor.
  12. Bak die tert 20 minute of totdat die deeg begin verbruin.
  13. Sit dit louwarm of koud voor.

Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish ·

Nee! Dit gaan heerlik SMAAK. Dit kan net proe as dit n tong het. Proe is n werkwoord.

Janie Monsieur ·

Dagsê Eish,

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning – dit lyk my ons het nog ‘n koppie koffie nodig vanoggend!
Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

E.K. (vra net) ·

Koekvrugtemengsel? Is dit nie eerder vrugtekoekmengsel nie? Maroela ons hou julle dop ;D Niks so lekker soos appeltert – het ‘n hele paar verskillende resepte wat ek gereeld gebruik.

Janie Monsieur ·

Dagsê E.K (vra net)

Dankie vir jou navraag. Die resepteboek verwys na “Koekmengsel-droëvrugte”. Ons dink jy moet die resep vir ons toets sodat ons seker kan wees. Ons is selfs bereid om te help met die proe!

Groetnis
Janie nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.