Soorte resepte:

Resep: Asynpoeding

Een van Maroela Media se lesers het die resep ingestuur. Sy ma het die resep self neergeskryf toe sy byna 80 jaar oud was.

Een van Maroela Media se lesers het die resep ingestuur. Sy ma het die resep self neergeskryf toe sy byna 80 jaar oud was.

Stroop:
2 koppies suiker
3 koppies water (gekook)

Bring stroop tot kookpunt.

Deeg:
2 koppies meel
1 teelepel koeksoda (opgehoop)
1 eetlepel gouestroop
3 eiers (goed geklits)
1¼ koppie suiker
1 koppie botter (gesmelt)
2 eetlepels bruin asyn
bietjie sout

Metode:
1. Smelt botter, voeg suiker daarby asook eiers en gouestroop.
2. Voeg koeksoda by asyn en gooi by mengsel terwyl dit bruis.
3. Meng mengsel met meel en sout. Deeg moet baie sag wees: nie droog nie, maar byna loperig.
4. Gooi deeg in kokende stroop, maak kastrol toe, moenie kastrol oopmaak voor 20 minute verloop het nie.
5. Kook poeding stadig teen lae hitte vir ‘n volle uur.

Dit behoort mooi donkerbruin te wees.
Dien op met room, roomys of dun vla.

Resep deur ‘n leser ingestuur.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae