Almal sal van dié koekies hou.
Maak ongeveer 60 koekies
Bestanddele:
- 625 ml (2½ k) koekmeel
- knypie sout
- 100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
- 125 g (½ pakkie) dadels, fyngekap
- 500 ml (2 k) graanvlokkies, effens fyner gedruk
- 125 ml (½ k) fyn klapper
- 125 ml (½ k) sultanas
- 375 ml (1½ k) Rice Krispies
- 200 g sagte botter
- 375 ml (1½ k) strooisuiker
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 3 ekstragroot eiers, geklits
- 7,5 ml (1½ t) koeksoda
- 60 ml (4 e) water
Metode:
- Stel oond op 180 °C.
- Sif koekmeel en sout. Meng neute, dadels, graanvlakkies, klapper, sultanas en Rice Krispies
- Room botter, suiker en vanieljegeursel tot
- Klits eiers by bottermengsel.
- Meng koeksoda en water en klits by bottermengsel.
- Meng bottermengsel by meelmengsel tot deeg vorm.
- Skep teelepelsvol deeg en rol in balletjies.
- Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
- Druk effens platter en bak vir 10 minute of tot goudbruin.
Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa
Wonderlik…baie dankie! Gesonde kleinkinderkoekies.
Hou niks van dadels, gril my dood – sal dit verskil maak as mens dit weglaat Maroela? Hoop om antw te kry. Dankie
E.K., jy hoef nie dadels in te sit nie, vermeerder net van die ander bestandele sodat jy 125g daarvan het. Bv meer neute en sultanas.
Lekker bak.
Wat beteken 200 9 sagte botter? Moet dit wees 200ml of dalk 200 gram? Dalk moes die 9 ‘n “g” wees :-)
Dagsê Hanna
Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media