Soorte resepte:

Resep: Bessie-en-suurroom-koek

Foto: Lekker en Vinnig

Foto: Lekker en Vinnig

Bevrore bessies werk net so goed as jy nie vars bessies in die hande kan kry nie. Bessies word net so gevries gebruik.

(Uit: 50 Beste gebak uit Vrouekeur, Marlo Carstens)

Lewer 1 koek

Bestanddele:

Koek

  • 250 g sagte botter
  • 310 ml strooisuiker
  • 4 eiers
  • 250 ml suurroom
  • 60 ml melk
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 560 ml koekmeel
  • 75 ml kakao
  • 2,5 ml koeksoda
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 500 ml vars frambose
  • 250 ml vars bloubessies

Versiersel

  • 250 ml versiersuiker, gesif
  • 30 ml kakao
  • bietjie kookwater
  • paar vars frambose (opsioneel)

Metode:

  1. 1. Voorverhit die oond tot 180 ̊C.

Koek

  1. Room die botter en strooisuiker tot liggeel. Klits die eiers een vir een by.
  2. Meng die suurroom, melk en vanieljegeursel en roer by die bottermengsel.
  3. Sif die koekmeel, kakao, koeksoda, kaneel, bakpoeier en sout saam.
  4. Meng die meelmengsel by die bottermengsel tot ’n beslag vorm.
  5. Skep ongeveer ’n derde van die beslag in ’n ringkoekpan met ’n deursnee van 26 cm wat met kossproei gespuit is.
  6. Sprinkel die helfte van die frambose en bloubessies bo-oor. Skep weer ’n derde van die beslag bo-op.
  7. Sprinkel die ander helfte van die bessies bo-oor, gevolg deur die laaste derde van die beslag.
  8. Bak vir 50 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  9. Laat 5 minute in die koekpan afkoel. Keer dan die koek versigtig op ’n afkoelrakkie uit en laat eenkant tot heeltemal afgekoel.

Versiersel

  1. Meng die versiersuiker en kakao. Roer net genoeg kookwater by tot ’n dikkerige versiersel vorm.
  2. Skep die versiersel bo-oor die koek en plaas frambose bo-op. Sit in skyfies voor.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.