Soorte resepte:

Resep: Botterbroodjies/skons

Botterbroodjies/skons (Foto: Lapa-uitgewers)

Botterbroodjies, oftewel skons, is ʼn ou gunsteling, maar dit bly pure lekkerte!

Lewer ongeveer 73

Bestanddele

  • 4 x 250 ml bruismeel
  • 2 e (30 ml) strooisuiker
  • knippie sout
  • 1 k (250 ml) Clover-room
  • ¾ k (187 ml) Sprite­koeldrank
  • ekstra bruismeel vir die werkoppervlak
  • Clover-volroommelk om bo-oor te giet
  • 1 k (250 ml) Clover-room
  • ½ t (2,5 ml) vanieljegeursel
  • 1 e (15 ml) strooisuiker

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Meng die bruismeel, strooisuiker en sout in ’n groot mengbak.
  3. Meng die room en die Sprite en voeg by die meelmengsel. Druk die mengsel saggies met jou hand, maar moenie knie nie. Sprinkel ’n bietjie ekstra meel op die werkoppervlak en rol die deeg uit totdat dit egalig aan die bokant en sowat 2 cm hoog is.
  4. Gebruik ’n koekiedrukker en druk skons (botterbroodjies) uit die deeg. Plaas skons op ’n bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Borsel met ’n bietjie melk aan die bokant van die skons. Bak vir 13 minute, of tot goudbruin.

Wenk vir opdiening: Meng die room met die vanieljegeursel en die strooisuiker totdat dit begin styf word. Halveer die skons. Skep room bo-op die halwe skons. Dien op met aarbeikonfyt.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Estelle ·

Ek wil graag die resep gebruik, maar maak dit regtig 73 skons?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.