Dié ryk en geurige koekies sal behoorlik jou mond laat water.
Bestanddele
250 g (280 ml) botter
5 ml vanieljegeursel
110 g (125 ml) sagte bruinsuiker
280 g (500 ml) koekmeelblom, gesif
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °
Klop die botter, vanieljegeursel en suiker saam tot lig en romerig.
Roer die meel by om ʼn sagte deeg te vorm.
Skep die mengsel in ʼn spuitsak met ʼn sterpunt en spuit rosette ongeveer 3 cm uitmekaar op ʼn gesmeerde bakplaat.
Bak by 180 °C vir ongeveer 12-15 minute of tot goudbruin. Laat op die bakplate afkoel.
Bron: 101 Kleinkoekies
Uitgewer: Lapa
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.