Dié ryk en geurige koekies sal behoorlik jou mond laat water.
Bestanddele
- 250 g (280 ml) botter
- 5 ml vanieljegeursel
- 110 g (125 ml) sagte bruinsuiker
- 280 g (500 ml) koekmeelblom, gesif
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °
- Klop die botter, vanieljegeursel en suiker saam tot lig en romerig.
- Roer die meel by om ʼn sagte deeg te vorm.
- Skep die mengsel in ʼn spuitsak met ʼn sterpunt en spuit rosette ongeveer 3 cm uitmekaar op ʼn gesmeerde bakplaat.
- Bak by 180 °C vir ongeveer 12-15 minute of tot goudbruin. Laat op die bakplate afkoel.
Bron: 101 Kleinkoekies
Uitgewer: Lapa