Soet en bros koekies met net ʼn tikkie gemmer, water jou mond al?
Bestanddele
- 250 g (280 ml) botter
- 110 g (125 ml) sagte bruinsuiker
- 255 g (455 ml) koekmeelblom, gesif
- 10 ml gemaalde gemmer
VULSEL
- 30 g botter
- 15 ml bruinsuiker
- 15 ml room
- 170 g (250 ml) versiersuiker
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °
- Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig.
- Roer die meel en gemmer by en meng goed.
- Skep die mengsel in ʼn spuitsak met ʼn 2 cm-sterspuit en spuit sterre of rosette, 2,5 cm in deursnee ongeveer 3 cm uitmekaar, op ʼn gesmeerde bakplaat.
- Bak vir ongeveer 10 minute of tot goudbruin. Laat op die bakplate afkoel.
VULSEL
- Meng die botter en bruinsuiker in ʼn kastrolletjie en smelt oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
- Voeg die room by en roer tot glad. Verwyder van die hitte en roer die versiersuiker geleidelik by. Laat afkoel.
- Plak die koekies twee-twee met die vulsel op mekaar en sif versiersuiker bo-oor.
Bron: 101 Kleinkoekies
Uitgewer: Lapa
Hallo…wie gaan bak?????? ek sal die koffie bring….hahaha:):)
O dit lyk uit die boonste rakke! Baie van julle resepte skryf ek neer en dit is gunstelinge. Baie dankie.