Hoe kan mens dan verkeerd gaan met bruintjies, Oreo’s én koekies? Probeer hierdie Broekie-resep om jou gaste behoorlik te laat smul!
Koekies
Bestanddele
- 170 g botter/margarien, gesmelt
- 200 g klam bruinsuiker (treacle sugar)
- 100 g witsuiker
- 15 ml vanieljegeursel
- 1 eier
- 1 eiergeel
- 250 g meel
- 2 g bakpoeier
Metode
- Voorverhit oond tot 180 °C.
- Meng gesmelte botter, bruinsuiker en witsuiker tot goed gemeng.
- Klits die vanieljegeursel, eier en eiergeel in tot romerig.
- Sif die droë bestanddele by die bottermengsel in tot gemeng.
- Skep eetlepels vol in muffinpan wat met botter gesmeer is.
- Bak vir ongeveer 20 minute.
- Druk nou die Oreo-koekies in die halfgebakte koekies in.
Bruintjies
Bestanddele
- ½ k olie
- 1 k suiker
- 2 t vanieljegeursel
- 2 eiers
- ¼ t bakpoeier
- ⅓ k kakao
- knippie sout
- ½ k meel
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Meng olie en suiker goed.
- Voeg vanieljegeursel en eiers en by en meng weer.
- Meng droë bestanddele in oliemengsel in.
- Gooi die beslag bo oor die koekies.
- Bak vir ongeveer 30 minute teen 180°C of tot mes skoon uitkom.
Resep: Janie Monsieur