Soorte resepte:

Resep: Broodpoeding met ʼn verskil

Broodpoeding met ʼn verskil (Foto: Lapa-uitgewers)

Bedien dit met vla vir ʼn liplekker nagereg!
Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 8 snye witbrood
  • 250 ml (1 k) appelsap
  • 5 ml (1 t) appelgeursel
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 250 ml (1 k) volroommelk
  • 4 ekstragroot eiers
  • 4 kardemompeule, gekneus
  • appel, ontpit en grof gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sny die brood in driehoeke en rangskik dit in groot genoeg oondvaste bak.
  3. Meng die appelsap en appelgeursel saam en giet dit bo-oor die brood. Laat die brood en sap rus tot die brood al die sap absorbeer het.
  4. Meng die suiker, melk, eiers en kardemompeule saam. Voeg die gerasperde appel ook by en meng deur. Giet die mengsel stadig oor die brood in die oondbak.
  5. Bak vir 45 minute tot gestol in die middel. Sit warm voor saam met vla.

Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.