Soorte resepte:

Resep: Broodrol

Broodrol (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie brood sal enige sop opkikker.

Bestanddele

  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 5 g (½ pakkie) kitsgis
  • 5 ml (1 t) sout
  • 2,5 ml (½ t) suiker
  • ongeveer 300 ml louwarm water
  • kanola-olie vir smeer
  • 60 ml (4 e) pesto van jou keuse
  • 100 ml gerasperde beleë Cheddarkaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
  2. Meng die meel, gis, sout en suiker in ’n groot mengbak en voeg van die water by. Roer die bestanddele saam tot ’n sagte deeg vorm.
  3. Knie die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak vir ongeveer 10 minute tot sag en elasties.
  4. Smeer ’n aparte groot mengbak met ’n bietjie van die olie en plaas die deeg in die voorbereide bak. Draai die deeg sodat die olie die deeg bedek. Plaas die deeg vir 40 minute op ’n warm plek sodat dit tot dubbel die volume kan rys.
  5. Knie die deeg af en rol dit op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Smeer die pesto oor die deeg en strooi die kaas oor. Rol die deeg in die lengte op en rangskik dit op die voorbereide bakplaat. Laat die broodrol vir nog 30 minute rys.
  6. Bak die broodrol vir 40-45 minute tot goudbruin en gaar.

Bron: 50 sop-en-broodgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rolletjie ·

Ek ook hehe, so bly ek is nie die enigste een wat dit gelees het nie :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.