Druk hierdie brosbroodhartjies uit en gee dit vir ʼn ma vir Moedersdag!
Lewer 32 koekies
Bestanddele
- 500 g (560 ml) sagte botter
- 265 g (300 ml) strooisuiker
- 560 g (4 x 250 ml) koekmeelblom, gesif
- 290 g (500 ml) mielieblom, gesif
- strooisuiker om bo-oor te sif
Metode
- Voorverhit die oond tot 160 °
- Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig.
- Voeg die meel en mielieblom by en meng tot deeg.
- Verdeel die deeg in twee stukke en plaas elke helfte afsonderlik in ʼn baie liggies gesmeerde bakplaat.
- Druk die deeg plaat en vorm tot ʼn sirkel van 25 cm in deursnee en ongeveer 10 mm dik.
- Sny elke sirkel in 16 wiggies en prik dit eweredig met ʼn vurk.
- Bak vir ongeveer 1 uur lank.
- Haal dit uit die oond en sif die strooisuiker oor.
- Sny die warm wiggies van mekaar los.
- Plaas die wiggies op draadrakke en laat heeltemal afkoel.
- Bewaar in ʼn lugdigte houer of draai styf toe in sellofaanpapier.
VARIASIE
Druk die deeg ongeveer 1 cm dik uit in rolkoekpanne. Sny dit in repe of vierkante.
Bron: 101 kleinkoekies, Nettie Cilliers
Uitgewer: Lapa-uitgewers
Punt 3. Voeg die meel en die mielieblom by en meng tot ‘n ………………?
Dagsê Adele
Dit lyk of “deeg” net per ongeluk afgeval het.
Die berig is gewysig – dankie dat jy ons laat weet het!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
“Bak 1 uur lank….?’
Kan dit reg wees?
Dagsê Hannah
Dankie vir jou kommentaar. Die tyd soos in die resep weergegee is korrek, die brosbrood moet inderdaad 1 uur lank bak.
Groetnis
Tania nms Maroela Media