Soorte resepte:

Resep: Cappuchino-muffins

Cappuchino-muffins (Foto: Lapa-uitgewers)

Die lekkerste ontbyt!

Lewer 10-12 muffins

Bestanddele

  • 100 g Clover Mooirivier-botter
  • 200 ml suiker
  • 2 e (30 ml) kitskoffiepoeier
  • 2 eiers
  • 250 ml Clover-suurroom
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel
  • 2 k (500 ml) koekmeel
  • 1 ml sout
  • 1 ml koeksoda
  • 1 t (5 ml) bakpoeier
  • 50 ml sjokoladevlokkies

OM VOOR TE SIT

  • Clover Mooirivier-botter
  • Clover Amasi
  • Clover-roomkaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Klits die botter, suiker en koffiepoeier saam tot glad. Voeg die eiers by en klits goed. Klits dan die suurroom en geursel by.
  3. Voeg die meel, sout, koeksoda, bakpoeier en sjokolade by die bottermengsel en meng net totdat die droë bestanddele bygemeng is. Skep eweredige hoeveelhede van die beslag in ’n gesmeerde muffinpan en bak vir 20 minute of tot goudbruin.
  4. Laat die muffins in die pan afkoel en verplaas dan na ’n afkoelrak.
  5. Bedien sommer net so of met botter, Amasi of roomkaas.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.