Soorte resepte:

Resep: Chiasaadkoekies

Chaisaad-koekies

Chaisaadkoekies. Foto: Whatscookingamerica.net

Bestanddele:

  • 180 ml chiasade
  • 60 ml botter, saggemaak
  • 1 eierwit
  • 125 ml kokosneutsuiker
  • 125 ml agave nektar
  • 2,5 ml  vanielje ekstrak
  • 125 ml steengemaalde meel
  • 1 ml sout
  • 1 ml bakpoeier

Metode:

  1. Voorverhit oond tot 180°C.
  2. Plaas die chiasade op ʼn bakplaat en rooster vir 10-15 minute (maak seker dit brand nie).
  3. In ʼn groot mengbak, meng al die bestanddele saam tot goed gemeng.
  4. Plaas bakpapier op ʼn gesmeerde bakplaat en skep lepelsvol van die mengsel op die bakplaat ongeveer 3 cm uitmekaar.
  5. Bak vir 6-8 minute tot goudbruin.
  6. Laat die koekies afkoel vir 2 minute voordat dit van die bakpapier verwyder word en op ʼn afkoelrooster geplaas word.
  7. Berg in ʼn lugdigte houer.

Bron:

Die resep is verskaf deur Althea Nel, ‘n voedselwetenskaplike verbonde aan die Koa Culinary Studio in Pretoria. Lees ook haar rubriek oor chiasaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jeanet tana botha ·

Nathea nel – kan ek groot (asseblief) vir jou vrae oor die resep stuur – ons is bejaard en al my vriende baie jare ouer as ek – en ek wil so graag hierdie inligting vir hulle korrek deurgee – sodat hulle optimale voedingswaarde kan inkry – so baie dankie vir hierdie – ek waardeur so opreg

jeanet tana botha ·

Maroela media – weet net ek is n lojale lid van julle – julle is sowaar tops verby – baie dankie vir alles wat julle ons altyd leer – weet net dit word uit en uit opreg gewaardeur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.