Ag nee, daar gaan al die sprake van ʼn dieet. Hoe kan mens nou nee sê vir hierdie lekkerny?
Lewer 1 broodjie
Bestanddele:
- 250 ml dadels, fyngekap
- 125 ml water
- 2 eiers
- 125 ml strooisuiker
- 187 ml olie
- 250 ml klapper
- 2,5 ml vanieljegeursel
- 250 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- knippie sout
- 10 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
Versiersel
- 100 g sagte botter
- 500 ml versiersuiker, gesif
- 30 ml suurlemoensap
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ʼn 9 x 26 cm-broodpan met bakpapier uit.
- Verhit die dadels en water saam tot kookpunt. Laat prut tot sag en laat afkoel.
- Klits die eiers en strooisuiker tot liggeel. Klits die olie by.
- Roer die dadelmengsel, klapper en vanieljegeursel by die eiermengsel.
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
- Roer die meelmengsel en suurlemoenskil by die eiermengsel.
- Skep die deeg in die voorbereide broodpan en bak vir 25 minute of tot ʼn toetspen skoon uitkom.
- Laat die broodjie effens in die pan afkoel en keer op draadrakkie uit.
- Versiersel: Room die botter tot liggeel. Voeg die versiersuiker geleidelik by terwyl dit geklits Voeg die suurlemoensap by en klits tot smeerbaar.
- Smeer die versiersel bo-oor die broodjie, sny in skyfies en sit voor.
Bron: Lekker en Vinnig – Teetydlekkernye
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vrouekeur 2 deur Marlo Carstens.
625ml suiker en 100g botter. Dan kla mense omdat hulle siek en vet is.