Soorte resepte:

Resep: Dadelblokkies

Dadelblokkies

Foto: Lekker en Vinnig

(Uit: Smul sonder sukkel, Olga Wall)

Lewer 12 porsies

Bestanddele:

  • 230 g (250 ml) botter of margarien
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 2 eiers
  • 200 g (1 pakkie) Mariebeskuitjies, gekrummel
  • 150 g (250 ml) dadels, ontpit en gekap
  • 100 g (250 ml) okkerneute, gekap
  • 5 ml vanieljegeursel

Metode:

  1. Smelt die botter en suiker saam in ’n kastrol. Laat effens afkoel.
  2. Klits die eiers goed en voeg dit by die gesmelte botter en suiker. Klits die mengsel baie goed totdat dit verdik.
  3. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  4. Skep die mengsel in ’n gesmeerde tertbord en druk dit goed vas.
  5. Verkoel ± 1 uur en sny in blokkies.

Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

elsabe ·

Sal die rou eier nie skadelik wees vir ‘n mens se gesondheid? Huh?

Lynette ·

Al lees jy resep hoe mooi, bly Elsabe se vraag steeds geldig.

Loraine Dupper ·

Die hitte van die ‘effens afgekoelde” botter en suiker maak die eiers “gaar” en is dit dus nie rou nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.