(Uit: Smul sonder sukkel, Olga Wall)
Lewer 12 porsies
Bestanddele:
- 230 g (250 ml) botter of margarien
- 200 g (250 ml) suiker
- 2 eiers
- 200 g (1 pakkie) Mariebeskuitjies, gekrummel
- 150 g (250 ml) dadels, ontpit en gekap
- 100 g (250 ml) okkerneute, gekap
- 5 ml vanieljegeursel
Metode:
- Smelt die botter en suiker saam in ’n kastrol. Laat effens afkoel.
- Klits die eiers goed en voeg dit by die gesmelte botter en suiker. Klits die mengsel baie goed totdat dit verdik.
- Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
- Skep die mengsel in ’n gesmeerde tertbord en druk dit goed vas.
- Verkoel ± 1 uur en sny in blokkies.
Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa
Sal die rou eier nie skadelik wees vir ‘n mens se gesondheid? Huh?
Lees mooi die resep toe?
Al lees jy resep hoe mooi, bly Elsabe se vraag steeds geldig.
Die hitte van die ‘effens afgekoelde” botter en suiker maak die eiers “gaar” en is dit dus nie rou nie…..